Algemene Sinode
-
Bestuurshandleiding vir Diensverhoudinge in die NG Kerk 2022 – Kliek hier
-
Bedieningsvreugde A-Z Beleid aangaande Predikante – Kliek hier
VBO
Wat is VBO?
VBO gaan oor die verdieping van ons verstaan van die evangelie, ons ingesteldheid teenoor ons roeping en oor die slyping van ons bedieningsvaardighede.
Dit gaan veral ook oor konstante leerbaarheid: oor die moed om in nuwe situasies in te gaan met die vertroue dat die Here ons kan leer en ’n weg kan wys wat ons nie nou helder sien nie.
Vir belangrike inligting oor die registrasie en ander verantwoordelikhede, kliek hier: http://www.excelsus.org.za/vbo.html
- Navrae kan ook gerig word aan: [email protected] of 012 420 6738.
ALGEMENE BEVOEGDHEIDSRAAD (ABR)
- Die Algemene Bevoegdheidsraad (ABR), ‘n sub-taakspan vir Predikantesake, hanteer alle bevoegdheidaangeleenthede, soos die jaarlikse aanmelding, registrasiefooie, bevoegdheidsnavrae en advies oor aansoeke tot hertoelating tot die bediening.
- Die ABR versoek predikante jaarliks om hulle biografiese inligting te kontroleer asook registrasiegelde voor 30 April te betaal.
- Alle inligting rakende die aanmelding asook riglyne oor die jaarlikse getuigskrif wat proponente, beroepbare predikante en emeriti aan die ABR moet besorg, kan gelees word in: Kommunikasie aan predikante – April 2016
- Agtergrond oor die verlening, behoud en verlies van bevoegdheid word hier verduidelik: Predikantesake werksaamhede – Algemene Sinode 2015
Kontakbesonderhede: ABR KANTOOR: Annari du Plessis – 012 342 0092/ [email protected]. Skakel vir Annari vanaf 08:00 – 12:00 vir enige navrae rakende Bevoegdheid asook veranderings op die Bevoegdheidsregister.
HUWELIKSBEVESTIGERS
30/07/2020 – Brief van Gustav Claassen in verband met: Aansoek om aanwysing as godsdienstige denominasie ten einde selfdegeslagverbintenisse [Kliek hier…]
Gesprek met Departement Binnelandse Sake oor huwelike [10/05/2019]
Uit die Kantoor van die Algemene Sinode het ons die volgende inligting ontvang: “Baie predikante beleef frustrasies met Binnelandse Sake ten opsigte van die registrasie van huwelike. Dr Gustav Claassen, Algemene Sekretaris van die NG Kerk, het die afgelope twee maande drie gesprekke met die adjunkminister, Fatima Chonan, en senior amptenare van die departement gevoer. Die laaste gesprek het veral gegaan oor die frustrasies wat predikante beleef met die registrasie van huwelike…” [Lees die volledige dokument hier]
Wie kan as huweliksbevestiger aangestel word:
Geordende predikante van die NG Kerk in die Noordelike Sinode, wat in ‘n gemeente bevestig is (dit sluit dus proponente, teologiese studente en jeugwerkers uit) kan via die sinodale kantoor aansoek doen om as ‘n huweliksbevestiger aangestel te word.
Kontak: Hermien Swart [[email protected]]. Die proses duur tans tussen ses maande en ‘n jaar of twee. [Sien die Handleiding vir Huweliksbevestigers hieronder]
Adresverandering van ‘n huweliksbevestiger:
Huweliksbevestigers, wie se adres verander het, moet asseblief hulle sinodale kantoor laat weet sodat die sinodale kantoor die amptelike prosedure met die Departement van Binnelandse Sake kan afhandel: “It is required that the Department’s Head office be informed every time a Marriage Officer changes address and office of submission. Instruction to move the Marriage Officer’s file (which has the designation letter) has to come from us (Head Office).”
Handleiding vir Huweliksbevestigers
Voornemende huweliksbevestigers moet die Handleiding vir Huweliksbevestigers (Manual for Marriage Officers) deeglik bestudeer. Die slaagpunt in die toelatingseksamen is 75%. Die handleiding kan hier afgelaai word: DHA_81
Huweliksregistrasievorm
Hiermee is wenke vir die invul van die vorms.
Inhandiging van vorms by Department van Binnelandse Sake
Gebruik die kwitansievorm – dit dien as skriftelike bewys dat ‘n huwelik (of meer as een huwelik) se dokumentasie wel by die DBS ingehandig is.
Registrasie van huwelike
Opsomming van dokumentasie benodig.
Registrasie van huwelike – Dept van Binnelandse Sake indieningstydperk – Vorm DHA-13-3-6-1
Probleme en/of klagtes
Indien daar dus probleme ondervind word met die oorplasing van huweliksbevestigers se leêrs, die uitreik van huweliksregisters, die diens by kantore ens, moet die Algemene Sinode se kantoor onmiddellik in kennis gestel word vir deursending aan die Departement.
Die volgende inligting moet verskaf word by aanmelding van probleme:
- Kantoor waar die probleem ondervind word
- Inhoud van die klagte omskryf
- Inligting van persoon wat probleem ervaar (naam , van, ID nr, Huweliksbevestiger nr)
- Indien dit oor ʼn egpaar handel, hulle besonderhede
Stuur die inligting/klagte na: Die Bestuurder, Algemene Sinodale Taakspan Predikantesake (ATP), Vir aandag: Die Bestuurder ATP, Dr Dewyk Ungerer, Epos: [email protected]
Omsendskrywes:
- 6 November 2016: Mnr David Msiza van die Departement van Binnelande Sake (Hoofkantoor) bevestig dat dit nou beleid is dat die huweliksbevestiger persoonlik ‘n huwelik moet registreer. Die huweliksbevestiger se duimafdruk word by die registrasie geneem om te bevestig dat dit inderdaad die betrokke huweliksbevestiger is. Die registrasie moet binne drie dae na die huweliksbevestiging gedoen word. Huweliksbevstigers moet dus seker maak dat hulle dagboeke ‘n opening vir beide die huwelik en die registrasie daarvan (binne drie dae) het. [Moenie aanbied om ‘n huwelik op ‘n Saterdag te bevestig as jy die Maandag met vakansie wil vertrek nie!]
- Omsendbrief 10 van die Departement van Binnelandse Sake: Huweliksbevestigers moet asseblief deeglik kennis neem van die Departement van Binnelandse Sake se Omsendbrief 10 van 18 Desember 2013. Lees dit direk op die Departement se webblad of laai ‘n oorgetikte kopie hier af: Circular 10
Klik hier vir ‘n direkte skakel na die Departement van Binnelandse Sake: DHA Notices - 21 Januarie 2014: Huweliksbevestigers word daaraan herinner dat ‘n huwelik binne drie dae na die bevestiging by die Departement van Binnelandse Sake geregistreer moet word. Die Departement se kennisgewing kan hier afgelaai word. DHA 13/3/6/1