Ons wil graag in hierdie tyd handevat. Kom ons help mekaar met praktiese wenke. Stuur gerus jou wenk vir Hermien by [email protected].
Rustenburg-Proteapark: Suurstofmasjiene
Kliek hier en lees hoedat dié gemeente gedurende die begin van die derde golf van die Covid-19 pandemie, suurstofmasjiene vir die Rustenburg-gemeenskap beskikbaar gestel het…
Bevestiging van huwelike onder vlak 3
Aangeheg is ‘n skrywe op ‘n amptelike briefhoof van die Departement Binnelandse Sake, gedateer 14 Januarie 2021, wat ontvang is en die rondte doen. Dit is die enigste inligting wat ons tans beskikbaar het. Die egtheid van die skrywe word tans nagegaan.
Vlak 3 aangepaste regulasies
President Cyril Ramaphosa het vandeesweek aangepaste Vlak 3 regulasies aangekondig. Hiermee ‘n kort samevatting van die nuwe regulasies. Vir meer inligting, klik hier vir die nuutste uitgawe van die Staatskoerant.
* Eredienste of ander geloofsgebaseerde byeenkomste is beperk tot 50 mense in ’n gebou of 100 mense in die buitelug [Sien Artikel 36(3)(a)]. Die regulasie praat van “gatherings at faith-based institutions”.
* Die aandklokreël geld tussen saans om 23:00 en 04:00 (vanaf 2 Februarie 2021).
* Begrafnisse is beperk tot 50 mense wat elkeen 1,5 meter van mekaar moet sit. Die byeenkoms mag nie langer as twee ure wees nie. [Sien Artikel 35(3)].
* Sosiale byeenkomste is steeds verbode [Sien Artikel 36(3)(b)].
* Skole open op Maandag 15 Februarie 2021.
Begrafnisse tydens Covid-19
Zoom-gesprek: Om na die opname te luister van die gesprek op 20 Augustus, kliek hier.
Gebruik die wagwoord: 0p3#jcj9
* Indien jy ‘n probleem ondervind kan jy gerus vir Sandra Grobler kontak by [email protected] of by 079 527 2684.
Vraelys: Elke predikant het reeds per epos ‘n vraelys ontvang rakende ‘n moontlike Zoom-gesprek oor begrafnisse. Die doel is om wenke en inligting met mekaar te deel.
Indien jy nog nie die vraelys geantwoord het nie, kliek hier om dit asseblief te voltooi.
Navrae: Kontak Sandra by 079 5272684 of [email protected].
Webblaaie wat jy kan besoek sonder enige datagebruik
Die Assosiasie vir Internetdiensverskaffers van SA, het aangekondig dat sowat 1 000 plaaslike webblaaie reeds geregistreer is op ‘n zero-gradering. Dit beteken dat alle Suid-Afrikaners hierdie webblaaie kan besoek oor mobiele of vaste netwerke, sonder dat dit jou enige data kos.
-
Dié reëling geld solank Suid-Afrika in ‘n Covid-19 ramptoestand bly.
-
Kliek hier vir meer inligting, asook die lys wat elke Maandag opgedateer word – dit sluit verskeie opvoedkundige hulpmiddels in. [Met dank oorgeneem uit die Vrypos]
RampUp: Gedagtes om te oorweeg tov insluiting van persone met gestremdheid tydens inperking
Die unieke maniere van noue kontak te midde van fisiese afstand:
-
Bly in kontak op enige manier wat steeds veilig is.
-
Maak tyd vir gesprek wat nabyheid bevestig. Die gemeenskap van gelowiges is eintlik diep aan mekaar verweef, insluitende persone met gestremdheid.
-
Bou betekenisvolle vriendskap waar ervarings wederkerig gedeel kan word.
-
Die goue draad van praktiese ondersteuning: Hoe kan ek jou help?
– Gereelde telefoongesprekke?
– Gaan doen inkopies?
– Huis take waar dit so veilig moontlik gedoen kan word?
Moet niemand vergeet in hierdie tyd nie: Bly in kontak met persone met gestremdheid! Lees meer op die RampUp Facebook blad.
Virtuele vergaderings: Riglyne vir virtuele vergaderings van taakspanne, diensgroepe, dagbesture en kommissies van kerkrade, ring en die sinode soos dit onder andere geskied via Zoom, Skype, Microsoft Teams, GoToMeeting, en soortgelyke toepassings. [Kliek hier]
* Indien julle dit sou oorweeg om virtueel “tee te drink” op ‘n Sondag na kerk, kontak vir Arno Meiring van Universiteitsoord by 082 807 4530 / [email protected].
* Eredienste kan tydens Vlak 3 gehou word
Indien julle dit oorweeg om eredienste in julle kerkgebou te hou, kan jy gerus na die volgende riglyne kyk wat deur die FTS Safety in Natal opgestel is en deur die NG Gemeente Scottburgh beskikbaar gestel is. Kontak die predikant daar, Pieter Grobler, indien nodig by 082 293 2795 / [email protected].
– Coronavirus Safety Management program – Church. [Kliek hier]
– COVID-19 Posters – Church. [Kliek hier]
* Hendrien van Vliet, voorheen van die gemeente Pretoria en tans by Fort Beaufort in die Oos-Kaap, het ‘n selverduidelikende raamwerk geskryf wat eerskomende Sondag met die biddag vir Covid-19 gebruik kan word om tuis vir die pandemie te bid. Daar is ook ‘n kindermoment by. Kliek hier
* Indien julle sukkel om geld van TERS te eis, kontak gerus vir Wanda Pieters van die gemeente Florauna vir raad (+27 671367585 / [email protected]). Sy is weeksdae beskikbaar van 10:00 tot 14:00.
* Dalk moes julle in hierdie tyd julle basaar kanselleer.
– Praat met Deon Groenewald van Renosterpoort (083 642 9389) oor wat dit beteken om ‘n Pienk basaar tydens die inperking te hou.
– Kontak vir Louis Pretorius (072 394 6097) van Naboomspruit oor hoe jy pannekoek aanlyn kan verkoop.
– Bel vir Bettie Wagner-Ferreira (082 895 6062), Attie Nel (082 4185054) of Nadine van Eeden (079 576 1890) van Waverley om te hoor hoe jy ‘n inrykafee suksesvol kan laat gebeur.
* Dalk is die nuwe tegnologie vir jou ‘n nagmerrie en weet jy nie waar om vir hulp aan te klop nie.
– Kontak gerus vir Pieter Visser van Wierdapark (082 565 9435) of vir Marco la Grange van Koedoeskop (078 824 6966).
* Toolkit vir gemeentes – Handige hulpbron vir gemeentes: Nico Mostert van die Vrystaat skryf:
“Hierdie tye van afsondering, humanitêre krisisse en hulpverlening plaas ons almal in ongekarteerde vaarwaters! Hier vanuit die Sinode Vrystaat, in samewerking met Wes-Kaap en Bybel-Media, het ons ‘n praktiese “toolkit” vir gemeentes saamgestel vir gebruik tydens krisistye soos nou met COVID-19. Die idee is nie om al die antwoorde te gee of om al die hulpbronne te lys wat beskikbaar is nie. Ons wil wel gemeenteleiers en lidmate bemagtig met iets in die hand waarmee hulle hul roeping om kerk te wees, in krisistye kan uitleef.” Gebruik hierdie skakel om die “toolkit” af te laai.