Besoek www.exelsus.org.za vir meer inligting oor beskikbare kursusse of skakel Rika van Rensburg by 012-420 6738 / excelsus@up.ac.za.
Kliek hier vir die 2019 jaarprogram – slegs maand tot maand vir die derde kwartaal.
In hierdie tweede werkswinkel word daar besin oor:
* die finansiële implikasies van aftrede
* die beste ouderdom om af te tree
* hoe die laaste paar jaar van jou bediening ‘n hoogtepunt kan wees
* hoe om voor te berei vir die lewe ná aftrede.
Plek: NG Gemeente Suidoos-Pretoria/Stellastraat – H/v Olivier en Stellastraat, Waterkloof
Koste: R380
VBO: 25 punte
* Advertensie: Kliek hier
* Inskrywingsvorm: Kliek hier
Kom toer hierdie jaar November saam na Israel en bekom `n jaar se VBO punte (30 punte vir die toer en `n verder 20 punte as jy die toer se studiestuk voltooi).
Datum: 21-29 November 2019
Hierdie studietoer na Israel is onder leiding van dr Lodewyk Sutton en prof Fanie Snyman wat die Ou Testament agtergrond en konteks sal dek, asook prof Francois Tolmie wat op die Nuwe Testament agtergrond en konteks sal fokus.
Kom en beleef Joppe, Caesarea, Karmel berg, Nasaret, Galilea, Beth Shean, Jerigo, Betlehem, Jerusalem, Masada, Ein Gedi en kom swem in die Dooie see. Kom loop saam in die spore van onder andere Elia, Dawid, Petrus, Paulus, Pontius Pilatus, Filippus, Cornelius en beleef iets van Jesus se jonger (Betlehem, Nasaret), volwasse (Kapernaum) en laaste dae (op die Via Dolorosa) op aarde.
Die deposito en registrasie vir die toer moet voor 31 Maart 2019 inbetaal en voltooi word, die res van die kostes kan 8-6 weke voor die toer inbetaal word.
Kontak Lodewyk Sutton vir meer inligting by suttonl@ufs.ac.za
Datums vir 2019 kursus is nog nie bekend nie.
Vir meer inligting, kontak die kursusleiers of besoek ons webwerf: www.alfapastoralepraktyk.com & http://zamazamahope4u.com/
Die kursus word in 7 blokke van 3 dae aangebied oor ’n tydperk van 15 maande. Die klem lê op ervaring en inoefening. Meestal by Stellastraatgemeente van die NG Kerk in Brooklyn, Pretoria, en gedeeltelik by Origins retreatsentrum naby Rustenburg.
Dit val onder toesig van die NG Ring van Suidoos-Pretoria en is ook met Excelsus van die NG Kerk gekoppel. Predikante kan 150 VBO-punte verdien. Daar is sewe aanbieders betrokke. Volgende jaar se kursus sal die elfde een wees.
Aansoeke sluit 30 September 2019 en die kursus begin op 17 Februarie 2020.
Volledige inligting te kry by http://sentrumvirspiritualiteit.co.za/kursus-in-begeleiding/.
Navrae by Willem Nicol 083 966 7831 / Stuur ‘n epos aan wnicol@mweb.co.za.