TAAKSPAN BRUGBEDIENING
Christoph Müller, leier van die Taakspan Brugbediening skryf die volgende: Brugbediening het ontwikkel uit die behoeftes wat daar by gemeentes onstaan het om in tye van transformasie ‘n duidelike begrip te hê rakende hul roeping en die uitleef daarvan in ‘n vinnig veranderende leefwêreld.
Die Covid-19 situasie het alles onder die vergrootglas kom plaas. Heelwat gemeentes staan tans voor die uitdaging om juis dit wat genoem is aan te spreek. Om in ons sinode hierdie behoefte effektief aan te spreek, moet ons:
-
Leraars uitnooi om as opgeleide brugleraars beskikbaar te raak om ons gemeentes behulpsaam te wees. Inligting rakende die kursus is beskikbaar by die Sentrum vir Kontekstuele bediening by UP.
-
Opgeleide brugleraars in elke ring beskikbaar hê.
* Ons wil leraars daarom versoek om dit ernstig te oorweeg om hierdie gereedskap ook deel te maak van julle vaardighede.
* Ons wil ringskommissies versoek om te bevestig watter leraars in julle ring die opleiding suksesvol deurloop het.
Sodanige persone moet asseblief hulle name aan die Taakspan Brugbediening deurgee.
TAAKSPAN JEUG
2020 – DinkJeugNoord bied aan: Tweak Huis + Kerk
Datum: 3 Februarie 2020 9:00-16:00
Waar: AcaDeo (Bela-Bela) – https://goo.gl/maps/JpvCWkHHVh92
Koste: Noordelike Sinode gemeentes gratis, ander is welkom om saam te kom leer teen R200 pp (sluit middagete in)
VBO: 6 punte
Inskrywings: Kliek op hierdie skakel: http://bit.ly/djnthnk
* Nadat jy hierdie elektroniese inskrywingsvorm ingevul het, word jy versoek om die inskrywingsfooi (indien van toepassing) aan die Noordelike Sinode oor te betaal. Stuur bewys van betaling aan [email protected].
Navrae: Kontak Corné Randall ([email protected] of sel 072 207 8350), die taakspanleier, of vir Paul Grobler ([email protected] of 082 653 5734) by die Sinodehuis.
————————————————————————————————————-
2018 – DinkJeugNoord : Jeugvriendelike gemeentes

Enkele terugvoer oor die werkswinkel wat op 3 September 2018 by AcaDeo gehou is:
- ‘n Ongelooflike ervaring!
- Dankie aan elkeen wat die dag besonders gemaak het!!
- Mag ons hierdie ook uitdra aan ons gemeentes en gemeenskappe*
- Ons het dit vreeslik geniet!!
Sprekers [foto 1]:
Gert van der Merwe, Malan Nel,
Anriette de Ridder en Johan Avenant
Video: Kliek hier
TAAKSPAN EKONOMIE
Sien http://noordsin.ngkerk.net/kerkenekonomie/
TAAKSPAN LEIERSKAP
Slypskool vir leierskapsontwikkeling
Navrae: Jan Botha, sel 076 481 5683
TAAKSPAN MENTORAAT
Navrae: Derick du Toit, sel 082 958 0473, e-pos [email protected]
- Terugvoer uit die Mentorskap-vraelys
- Daar was 46 respondente. Waarvan 65% tans betrokke is in ’n soort mentorverhouding en 90% van die kollegas het aangedui dat hulle bereid is om mentors vir mekaar te wees. [Lees die verslag hier verder…]
Enige navrae oor mentorskap kan gerig word aan die taakspan wat graag sal help met riglyne/wenke of voorstelle van ’n geskikte mentor vir jou omstandighede.
TAAKSPAN MISSIONALITEIT
Navrae: Hannes Bezuidenhout, sel 083 382 1275, e-pos [email protected]
Uitnodiging na Freshly Expressions SA se nuwe kursus : 26 & 27 Maart 2019
Hannes Bezuidenhout [Voorsitter van die Sinodale Taakspan Missionale Kerkwees] skryf soos volg: “Fresh Expressions SA stel op 26 & 27 Maart ‘n splinternuwe kursus aan Predikante en gemeenteleiers bekend. Die kursus kan deur elke gemeente en Ring gebruik word om saam met lidmate oor missionale- gemeente-wees te dink en in die proses te groei. [Lees die volle dokument hier...]
“Blog” –
Die Missionale Taakspan is opgewonde daaroor om met ‘n vars, lewendige, inspirerende “blog” te begin wat ons almal aan die hand van “Together Towards Life” aanhits om op reis met ons eie missionale verstaan te gaan. Die gesprek is interaktief en ons sal dit baie waardeer as jy lidmate, kennisse, netwerke van watter afkoms ookal sal nooi om saam te gesels oor missionale kerkwees en Christen wees.
* Om die “blog” oop te maak, kliek op dié skakel: http://ngbrits.com/2019/02/28/missionale-kerkwees-aan-die-hand-van-ttl/
* Kontak gerus vir Frans du Plessis by [email protected], sel 078 095 0616 vir meer inligting.
Aanbieding
Tydens die afgelope Sinodale Dienraad (SDR) vergadering het Lourens Bosman (Algemene Sinode) ‘n aanbieding kom doen oor die Missionaliteit in die NG Kerk.
Kliek hier vir die volledige aanbieding.