Embleem

EMBLEEM

Die simboliek van die embleem:

Kremetart
* Die kremetart is ‘n Afrika-boom – dit simboliseer die Afrika-kontinent by uitnemendheid.
* Ons is in Afrika, ons is van Afrika, ons is Afrikane – hier gebore vanuit geslagte wat al lankal  hier woon; hier groot geword; hier lewe ons, en ons wil in geen ander land wees nie.
* Hoekom deel van ons logo?  Dis Afrika, dis groots, dit  staan vas en gee vastigheid, dis asof ons almal ons arms om die boom wil sit en mekaar so vashou.

Hand
* Dit bring ons by die hand – ‘n oop hand wat gee, wat uitgesteek word om te help; ‘n ondersteunende hand; ‘n hand van welwillendheid en openhartigheid en vriendelikheid en naby-wees.
* Uiteindelik is dit God se hand wat sigbaar word in hierdie wereld deur ons hande.

Kruis
* Die kruis? Hoe anders!  Die kruis vorm die fokuspunt, die middelpunt – ingeweef in die kremetartboom. Dis asof die boom uiteindelik vir ons die kruis word.
* En so rig ons – hier in Suider-Afrika – ook ons oog op die kruis; dra ons ons kruis, ons tipiese Suider-Afrikaanse kruis (so dikwels uniek anders as die kruise van die res van die wereld); bring ons hoop en maak ons ‘n verskil omdat ons leef onder en vanuit hierdie Kruis.

 

 

Hierdie embleem kan afwisselend gebruik word.  

(Grafieka geskep deur dr Nico Simpson van Bybel-Media)

 

 

 

 

Share